Lang blywenste inwoner bly besig

INWONER: Joyce Human woon al 23 jaar in die Pionierswoonstelle.

Oorspronklik is sy van Brakpan af maar sy is al woonagtig in Tzaneen van 1970 af.

Sy het vir agt jaar as skriba vir die NG Kerk Moedergemeente gewerk en ook elf jaar vir Sapekoe.

Haar eggenoot is in 1992 oorlede, dus bly sy al in dieselfde woonstel op haar eie vanaf 1994.

Lees ook: Justice never looked this good

Haar kinders bly nie in Tzaneen nie maar sy sien haar een seun gereeld.

“Om besig te bly doen ek my eie huiswerk en tuinnwerk, ek kan ook nog kar bestuur,” vertel sy.

By Pionierswoonstelle is die inwoners soos familie vir mekaar en baie geheg aan mekaar.

Dit is vir vir haar lekker om daar te bly juis omdat almal mekaar help en na mekaar omsien.

As dit nie koud is nie kom almal by die lapa bymekaar en speel speletjies.

Haar gunsteling speletjie sê sy is beslis Triominoes.

Vir die inwoners is dit altyd moeilik om iemand aan die dood af te staan, maar hulle help mekaar deur dit.

Verder, hou hulle gereeld kerkdienste.

“Ons is soos kinders, ons kom nie altyd oor die weg nie, maar ons kan ook nie sonder mekaar nie. Ons lag ook baie vir mekaar,” sluit Joyce af.

  AUTHOR
Marianco Snyman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Mastermind behind cash-in-transit heists arrested