TZANEEN: Theo verower brons medalje by SA’s

STOEI: Theo le Roux verower 'n brons medalje in Stoei Kampioenskap.
  1. Theo het die brons medalje in die seuns O/16, 63-69kg vrystyl afdeling gewen.

Theo moes in die Grieks-Romeinse-afdeling in ‘n swaarder gewigsafdeling deelgeneem het nadat hy 50g te swaar geweeg het.

Die Grieks-Romeinsestyl verskil van die vrystel in die sin dat slegs die bo-liggaam ingespan mag word, dit wil sê die arms, lyf en kop.

By vrystyl mag die bene ook gebruik word.

Theo, wat stoei vandat hy in Graad 2 is, word deur sy pa, Minnie, afgerig.

Theo se beste prestasie op nasionale vlak was ‘n goue medalje in die Grieks-Romeinsestyl en ‘n silwer in die vrystyl wat hy in 2015 verower het.

Theo sal Oktober aan die proewe vir die nasionale stoeispan deelneem.

  AUTHOR
Marianco Snyman - [email protected]

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Nog twee trofeë in die kas vir Vossies 7’s