Plasieland lewer kordate praters

ATKV debat semi-finaal (1).jpg GEREED VIR AKSIE: Dirk Crafford, Suandrie Corbett en Jamie Robertson.

Hierdie kompetisie is aangebied by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank.

Suandrie Corbett, Jamie Robertson en Dirk Crafford het in ‘n warm debatsgesprek te staan gekom teen ‘n span van Hoërskool Nelspruit.

Argumente vir en teen die onderwerp: “Kultuurverskille moet ‘n deurslaggewende rol speel in die opstel van skoolreëls.”, het oor en weer gevlieg. Die beoordelaars het omtrent gegons nadat die twee spanne mekaar behoorlik laat les opsê het. Suandrie het uitstekend repliek gelewer.

NA-AKSIE-SATISFAKSIE: Suandrie Corbett, Dirk Crafford en Jamie Robertson.

Alhoewel die span nie deurgedring het na die ATKV-finaal nie, het die Plasie-span nie een tree teruggestaan nie en het hierdie debatsgesprek die kroon gespan op maande se voorbereiding en oefening.

Plasieland is trots op dié drie graad 9-leerders en hoop dat hulle sal voortbou op ‘n praattradisie wat goed gevestig is.

  AUTHOR
Letaba Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Vossies hou Interklas-swemgala