Merensky bied Limpopo-boogskiet aan

DIE BOOGSKIETSPAN: Voor: Izelri Theron, Canell Jackson, Lin-Mari Theron, Ashley Hunt, Annebelle Schwab, Morney Kleinhans en Benno Kotze. Agter: Ryan Jackson, De Marco Meyer, Dewald Haagner, Rohan Wewege, Sean Hunt, Heinrich Pieterse, Beneche Jackson, Matthew Lunt, SP du Preez en Armand Wiers.

‘n Rekordgetal van 60 skuts het meegeding om die gesogte titels.

Goue medaljes word deur die volgende Plasie-klublede verower: Lin-Mari Theron, Ryan Jackson, Sean Hunt, Morney Kleinhans, Martin Mostert, Owen Otto en Janco Theron.

Canell Jackson, Ashley Hunt, André van der Merwe, Heinrich Pieterse, Benéche Jackson, Schalk Warmenhoven en Izelri Theron spog met silwer medaljes.

Brons medaljes hang om die nekke van Annebelle Schwab, Benno Kotze, Dewald Haagner, De Marco Meyer en Matthew Lunt.

AGTER DIE SKERMS: Voor: Ricus Warmenhoven, Benéche Jackson en Heidi Klinkert. Middel: Pierre Hunt, Magdalena Kleynhans, Lindi Theron, Riëtte en Estia Warmenhoven en Inge-Mari Kotze. Agter: Dawie Theron, Morné Kleynhans, Schalk Warmenhoven en Riana Jackson.

DIE BOOGSKIETSPAN: Voor: Izelri Theron, Canell Jackson, Lin-Mari Theron, Ashley Hunt, Annebelle Schwab, Morney Kleinhans en Benno Kotze. Agter: Ryan Jackson, De Marco Meyer, Dewald Haagner, Rohan Wewege, Sean Hunt, Heinrich Pieterse, Beneche Jackson, Matthew Lunt, SP du Preez en Armand Wiers.

Tydens die byeenkoms het Sean Hunt en Ryan Jackson provinsiale kwalifiserende tellings geskiet, terwyl Canell Jackson, Lin-Mari Theron, Morney Kleinhans, Martin Mostert en Schalk Warmenhoven nasionaal gekwalifiseer het. Morney Kleinhans en Martin Mostert het reeds vroeër in die seisoen hul 2017/2018 Limpopo kleure verwerf.

Graag bedank Merensky Boogskietklub NTK, PPS, Miami Canners, Trim Cut en verskeie vrygewige plaaslike boere, sowel as ATKV Eiland Spa wat bygedra het tot die suksesvolle naweek.

  AUTHOR
Letaba Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Nasionale kleure vir Merensky skuts