#FNBClassicClashes: Vossies se eerste rugbyspan onoorwonne teen PHS

Die Vossie, Melvin Maake, was speler-van- die-wedstryd vir die eerstespan se kragmeting.

PHS was eerste oor die doellyn, maar kort voor lank het die Vossies se binnesenter, Heini Ferreira, gesorg vir die tuisspan se eerste drie.

Marnus Ferreira, die O/16A-span se skrumskakel het die bal goed na die agterlyn versprei.

Erik Meintjies, in die nommer 10-trui, het gesorg vir ‘n opwindende drie deur ‘n skop van PHS, op die halflyn, afteneem. Met agt minute oor van die laaste helfde het Ben Vorster se pak voorspelers,vanaf ‘n lynstaan, die bal oor hulle doellyn gedryf vir Nyiko Ntempo om ‘n drie te druk. Dit was ‘n behoorlike span poging.

PHS het egter teruggeveg deur ‘n drie, ‘n minuut voor die halftyd fluitjie, te druk.

Die Vossie, Jaco Massyn, in aksie vir die O/15-span se wedstryd teen PHS.

Die halftyd telling was 15-12.

Die stryd het aanvanklik kop-aan-kop in die tweede helfde gebly met twee drieë vir elke span.

Ben Vorster het albei hulle doelskoppe oorgesit en PHS een.

Met die telling op 29-24, in die guns van die Vossies, het die Vossies egter in ‘n hoër rat oor gegaan en nog twee drieë gedruk.

PHS het daarin geslaag om nog ‘n drie voor die eind fluitjie te druk, maar dit was te min te laat en die Vossies het die FNB Classic Clashes 41-29 gewen.

Ben Vorster se eerste sokkerspan. Voor van links: Tumisho Montjane, Marcus Mokgobi en Thabiso Khadimonyane. Tweede ry: Fortune Maake, Tebogo Mavungu, Millard Nyathi en Pelly Shingange. Derde ry: Duncan Mohale en Blessing Ramatsoma. Vierde ry: Modibe Ramalepe en Shigwili Mabasa. Agter: Tlangi Mhangwane, Ben Bambisa, Solly Shipalana en Vuyo Mayindi (kaptein).

Die Vossies se drie-drukkers in die tweede helfde was Melvin Maake, wat twee drieë gedruk het en Shima Molepe. Melvin Maake het die speler-van-die-wedstryd-toekening ontvang.

Die res van Ben Vorster se rugbyspanne het soos volg presteer: O/14A verloor 21-29, O/14B verloor 0-36, O/15A wen 45-0, O/15B wen 31-15, O/16A verloor 10-29, die derdespan wen 27-24 en die tweedespan wen 24-14.

  AUTHOR
Letaba Herald

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Vossies steeds beste rugbyskool vir groot skole

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Letaba Herald


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other