TZANEEN: Inwoners kort munisipaliteit se hulp

Groente wat geplant word op die sypaadjies.

Hulle verkies om anoniem te bly.
Die getroude paartjie wat al 15 jaar in Tzaneen bly vertel moedeloos hoe hulle self die sypaadjie by hulle huis skoon hou net om klagtes van die planters te ontvang.
‘n Rukkie gelede het die planters ‘n klag teen die paartjie gelê omdat hulle vermoedelik onkruid doder op hulle plante gespuit het.
Die paartjie het egter die klag in die hof gewen en die magistraat het bevind dat die planters wederegtelik op die sypaadjies plant.
Tussen ander mense se tuinrommel wat ook daar gegooi word en die planters het hulle nie veel hulp van die munisipaliteit ontvang nie.
Hulle het die klagte na Pierre Cronje van die DA gevat en hy sê die planters hou die sypaadjies skoon vir die volgende reënseisoen.
Cronje sê verder dat daar geen verordeninge in plek gesit is deur die munisipaliteit om die mense te weerhou om te skoffel nie.
Die magistraat wat die paartjie se hofsaak hanteer het, het op nationale wet gewerk.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, Neville Ndlala, het self die perseel gaan besoek en met die inwoner gepraat.
Hy het egter gesê hy was nie bewus van die probleem nie en sal alles in sy vermoë doen om die paartjie te help.

  AUTHOR
Marianco Snyman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Vossies reik uit na diere in nood

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Letaba Herald


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other